Welkom by die Hervormde Kerk Noordwestelike Pretoria

Organisasies waarby ons kerk betrokke is

Rata Maatskaplike Dienste
`n Geregestreerde welseins organisasie wat lewens verander vanaf 1948 deur die potensiaal van weerlose kinders, families en gemeenskappe te bevorder. Lees meer oor hulle en wat hulle doen op hulle webwerf www.rata.org.za
Christelike Seeman's Organisasie
Ninapark Pleegsorg huis
DPS Huis Ninapark is `n seunshuis geleƫ in die Noorde van Pretoria waarby ons kerk betrokke is. Hulle leer getraumatiseerde kinders hoe om gelukkig te wees in `n familie omgewing, vol liefde en Christelike waardes.

Besoek gerus DPS se webwerf by pleegsorg.org.za
Die Christelike seemans Organisasie bedien seemanne daagliks met die Evangelie deur geestelike, emosionele en fisiese versorging.
Hulle poog ook om elke seeman `n Bybel in sy eie taal te gee.
Besoek gerus hulle webwerf om te kyk hoe jy kan help by www.cso.co.za
Ons Tuis OTMT (Louis Trichardt)
Ons tuis streef daarna om vir ons ouer mense veilige woning te bied en so lank moontlik selfversorgend in die gemeenskap te laat funksioneer. Hulle bied veilige en bekostigbare behuising in die vorm van woonstelle of kamers.

Louis Trichardt huisves +/- 80 inwoners. Hulle behuising word aangebied as kamerfasiliteit, wat twee etes en sekere ondersteunings dienste bied.

Lees meer oor hulle by onstuis.otmt.org.za